Wie is ons?

VIVO BOEREBEMARKINGSDAG 2024 – GROOTSTE LANDBOU-EKSPO IN LIMPOPO!

Limpopo se grootste landbou-ekspo, die jaarlikse Vivo Boerebemarkingsdag, is terug in 2024 en beloof om groter en beter met meer pret en plesier te wees as ooit tevore!

Hierdie asemrowende landbouskou-naweek vind op 30 & 31 Augustus 2024 te Vivo, Limpopo, plaas.

Die Vivo Boerebemarkingsdag is die hartklop van die dorpie Vivo en die hoofbron van inkomste vir die plaaslike skool – CVO Skool Vivo.

Dit is ‘n wonderlike bemarkingsgeleentheid vir besighede om met boere van regoor die hele Limpopo sake te doen. Die Vivo Boerebemarkingsdag bied ook ‘n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei t.o.v die nuutste tegnologie, produktiwiteitsoplossings en ander landbou verwante kwessies.

Verder bied die Vivo Bemarkingsdag ook aan sakelui die geleentheid om op op ‘n informele, hartlike boeremanier saam met plaaslike en provinsiale boere te kuier.

“Ons hoofdoel is om boere en besighede by mekaar te kry. Ons nooi boere van regoor Limpopo om die naweek by te woon en moedig besighede aan om op ‘n interaktiewe, kuier-manier hul dienste en produkte te bemark. In die verlede het boere van so ver as Koster in Noordwes die Vivo Boerebemarkingsdag bygewoon. “

In 2023 het sowat 5 000 besoekers oor die verloop van die twee dae deur die hekke gekom en amper 200 besighede het uitgestal. Met vermaak vir die hele gesin, is dit ‘n uitstekende geleentheid om sommer ‘n plesierige familienaweek te geniet.

Vanjaar gaan vier beroemde gaskunstenaars optree. Besoekers kan uitsien na optredes van Jay en Arno Jordaan op die Vrydagaand en Saterdagaand niemand anders nie as Demi Lee Moore en Adam. Gedurende die dag sal daar ook deurgaans vermaak vir oud tot jonk wees.

In die MammaMall se unieke snuffelmark sal daar iets vir almal se smaak wees en lekkerbekke sal kan kies en keur tussen die plaas-proe-produkte uitstallers.  Plaaslike skole, kerke en fondse gaan verversings en liplekker wegneemetes verkoop – so help ons ook die gemeenskap groei!

Ons gaan beslis weer die boervrou vier.  Vir die Vrouefees beplan ons sprekers, gaskunstenaars, werkswinkels, en nog meer. Alles wat die skoner geslag sal geniet.

En natuurlik (hoe dan anders?) word daar uitstekende landboudemonstrasies aangebied. Boere kan die nuutste landboutegnologie, trekkers en toerusting kom uittoets.

Kom besoek die Vivo Boerebemarkingsdag op 30 & 31 Augustus. Jy sal arriveer as a besoeker, maar vertrek as ‘n vriend en lid van ons hartlike boerefamilie.

[adrotate banner="4"]